Enquire Now

or call us on 011 325 2886

Read all about it - industry news, legislation, and case developments

Read all about it - industry news, legislation, and case developments.


News

Ma én baba het breinskade ná nalatigheid

28 November 2011

Phillip de Bruin, Beeld

Hospitaal gee te min aandag, bevind regter

 

Dokters en verpleegpersoneel van die Edenvale-hospitaal se nalatigheid met die behandeling van ‘n swanger vrou het tot eise van meer as R35 miljoen teen die Gautengse premier gelei.

 Me. Prudence Khumbula (24) van Glern Marais in Kempton Park is met haar eerste bevalling op 20 Julie 2006 na dié hospital gebring.

 Sy was ure lank in kraam en is in ‘n stadium na die Johannesburg-hospitaal oorgeplaas.

 Ernstige komplikasies was reeds in die Edenvale-hospitaal teenwoordig, waaronder hoë bloeddruk wat swangerskap-verwant was.

 Die kind, Tanya, was boonop ’n brugbaba.

 Die uiteinde van die bevalling is dat sowel Tanya as haar mabreinskade het, dat Khumbula ‘n breintoeval en nierversaking gehad het en dat sy ween die nalatigheid van die dokters en verpleegsters ‘n volle noodhisterektomie moes kry.

 Waarnemende regter  N. Kades het in die hooggeregshof in Johannesburg bevind die nalatigheid in die Edenvale-hospitaal is die oorsaak van al Khumbula en haar kind se problem.

 Die hospitaalpersoneel het onder meer nie genoeg aandag aan die behandeling van die hoë bloeddruk gegee nie en moes dadelik ‘n nood keisersnee gedoen het.

 Khumbula se regsverteenwoordiger, mnr. Mervyn Joseph van Joseph’s Incorporated, het in sy aanvanklike dagvaarding teen die premier R25,6 miljoen skadevergoeding vir Tanya geeis, wat toekomstige mediese uitgawes en die feit dat sy weens haar breingetremdheid nie sal kan werk nie, ingesluit het.

 Namens Khumbula het hy R10,04 miljoen geëis, onder meer omdat sy geen ander kinders kan hê nie en weens haar breinskade ook nie en weens haar breinskade ook nie sal kan werk nie.

 Aan die begin van die verhoor is besluit om eers te bepaal of daar nalatigheid was en kom daarna die omvang van die skade de bepaal. Intussen het die premier en Joseph ‘n vertroulike skikking oor die eis in verband met die kind bereik.

 Joseph sal nou hofstukke oor Khumbula se eis bedrag begin opstel.

 

CONTACT US
Tel : 011 325 2886
PHYSICAL ADDRESS
Unit 1 Bompas Square
9 Bompas Road,
Dunkeld, 2196
Docex 379 Johannesburg