Enquire Now

or call us on 011 325 2886

Read all about it - industry news, legislation, and case developments

Read all about it - industry news, legislation, and case developments.


News

G'n geld sal my kind heel

18 July 2013

YOU Magazine - Pieter van Zyl

Sy het as ’n agtjarige opgewonde die grou, nat weer van land, het sy perdry- en swemlesse geneem, rekenaarspeletjies gespeel en saam met haar pa na die TV-sitkom Two and a Half Men gekyk.

Nes enige ander meisie het die borrelende Kerri Mel O’Loughlin gedroom van verder leer. Sy kon, soos haar ma, ’n haarkapper word; dalk trou en kinders hê. Nou is haar eens uitbundige lag stil, want ná ’n reeks mislukte erasies in ’n hospitaal op Mosselbaai het die 11-jarige breinskade. Sy is bang om by maatjies te gaan kuier, want die geraas is te veel. Sy loop met moeite en kan nie mooi sien nie. Sy het ook al haar regtergewrig gebreek toe sy val.

Sy kan boonop nie meer perd- of fietsry nie en is skrikkerig om alleen te gaan swem. Trouens, sy wil nie eens buitentoe toe gaan as sy nie iemand se hand kan vashou nie. In Junie is een van die grootste mediese skikkingsbedrae in Suid-Afrika, R25 miljoen, aan Kerri toegestaan. Dié geld moet haar op haar lewenspad help. 

Tog is dié reuse bedrag bittersoet troos. Ses maande ná Kerri se laaste operasie in Suid-Afrika het haar ma, Lorraine, gehoor sy het breinkanker. Sowat nege maande later is sy in Ierland dood. Die gesin het in 2011 uit George soontoe teruggetrek nadat Lorraine die jaar tevore siek geword het.

’n Johannesburgse regs firma, Joseph’s Incorporated, het die regsgeding vir die O’Louglins gelei en die saak is eindelik verlede jaar buite die hof geskik.

“Vir my maak dit nie saak wat die bedrag is nie,” vertel Kerri se pa, Declan, telefonies uit Craugh well aan die weskus van Ierland. “Natuurlik kan dit Kerri help met die nodige behandeling en sorg, maar al was dit twee keer meer, sou ek dieselfde gevoel het: Geen geld kan vergoed vir die verwoesting wat die operasies in haar lewe aangerig het nie. 

“Ek sal alles gee wat ek het om terug te gaan na 25 Maart 2010, die dag voor die dokter ons lewe onherroeplik verander het.”

Kerri is op 6 November 2001 in Ierland met bloeding op die brein gebore. Toe sy vyf jaar oud was, is ’n pypie in haar brein geplaas om oortollige vog te dreineer. Sy het normaal geleef, maar tog gesukkel om met haar regterhand te skryf en moes ’n bril dra. Haar verstand was helder en sy het gr. 1 maklik deurgekom.

Declan en Lorraine het verlief geraak op Suid-Afrika toe hulle in 2000 vir hul wittebrood in George was. Hulle het elke jaar hier kom kuier en in Junie 2009 na Suid-Afrika geïmmigreer om in dié stad te kom woon. ’n Paar maande later het die toe agtjarige Kerri van hoofpyn begin kla. Sy is in Maart 2010 verwys na die neurochirurg dr. Minette du Preez by ’n privaat hospitaal in die Suid-Kaap. 

Minette het ’n nuwe dreineringspypie aanbeveel, maar die operasie op 26 Maart het misluk. ’n Breinskandering het gewys die pypie was nie op die regte plek nie. Eers met die derde poging, vyf dae later, het die pypie gewerk. Kerri is op 9 April in ’n rolstoel uit die hospitaal ontslaan; Declan sê hulle het dadelik agtergekom iets skort. Kerri het gesukkel om haar gedagtes in woorde om te sit, het moeilik gesluk en haar linkerarm was nou ook verswak.

Toetse het gewys sy het breinskade opgedoen; daarom het Declan en Lorraine regshulp gekry en ’n skadevergoedingseis teen die dokter en die Mediese Beskermingsvereniging (MBV) ingestel. Die MBV is ’n wêreldwye organisasie wat dokters teen regse ise beskerm, amper soos ’n versekeraar.

Dit was die begin van ’n lang, moeisamegeding. Kundiges het amper 550 bladsye se verslae opgestel. Daar was uitmergelende toetse en onderhoude, behandelings en terapieë wat Kerri uit die skool en haar ouers uit die werk gehou het.

Toe kom die skoknuus: Lorraine het kanker; vier breingewasse. Sy het in Suid-Afrika met behandeling begin, maar toe dit te taai raak so ver van hul familie, het die O’Loughlins in Januarie 2011 na Ierland teruggekeer. Lorraine is op 30 Augustus 2011 oorlede.

“Vir my vrou het dit nooit oor die geld gegaan nie,” sê Declan. “Sy sou dit alles weggegee het as Kerri dit nie nodig gehad het nie. Vir haar het dit oor geregtigheid gegaan.”

Om ’n enkelpa te wees is nie maklik nie, maar Declan doen sy bes. “Dit was my belofte aan my sterwende vrou.”

Die afgelope meer as drie jaar moes hy sy werk as ’n bourekenaar op die agtergrond skuif en kyk hy dag en nag na sy kind. Hy maak kos en versorg selfs haar hare. Kerri is nou in gr. 3 aan ’n gewone skool, waar ’n onderwys-assistent haar help. Sy gebruik ’n spesiale rekenaar wat deur haar stem geaktiveer word en haar boeke is in ’n groter druk as die ander kinders s’n.

Pa en dogter moes die afgelope drie jaar gereeld na Suid-Afrika kom om met hul regspan en kundiges te konsulteer.

“Vir Kerri was dit ’n wonderlike tyd,” vertel Declan. “Sy is nog altyd gek oor die land. As dit van haar afhang, sal ons môre terugtrek.""

Hoewel Declan, nes Kerri, die Suid-Afrikaanse weer en buitelewe mis, het hulle in Ierland die ondersteuning van hul familie. Daarby is Kerri nou goed ingeburger by haar skool. Hul lewe is nou daar.Daar wag nog swaarkry op haar. Weens die mislukte operasies het sy ook probleme met haar geheue en spraak. Die vrees bestaan selfs dat sy oor ’n jaar of wat heeltemal blind kan wees.

Die geld sal help. Met die berekening van die finale bedrag is haar mediese koste en haar verlies aan toekomstige inkomste in ag geneem. Daar is ook vasgestel hoeveel ’n trust sou kos wat die geld kan bestuur. 

Tog is sy vir Declan nie net sommetjies op papier nie. “Kerri is ’n lewende wese met gevoelens en emosies en ’n reuse hart. Sy is meer as net doktersverslae. Ek weet hoe sy voor daardie operasies was en wat sy alles verloor het.”

 

CONTACT US
Tel : 011 325 2886
PHYSICAL ADDRESS
Unit 1 Bompas Square
9 Bompas Road,
Dunkeld, 2196
Docex 379 Johannesburg